top of page

JAGVOORWAARDES

Ons is besorg oor die natuur en daarom is wilduitdunning nodig!

Ons doen dit met fyn beplanning, verantwoordelikheid en met baie integriteit teenoor die natuur.

Ons behou die reg van toegang voor, asook om te enige tyd die voorwaardes te verander of aan te pas.

Hiermee dan ons Jagvoorwaardes:

  1. Geen jag sal toegelaat word:

    1. Snags (Voor 07.00 en na 16.30uur)

    2. Sondae

    3. Onder die invloed van alkohol

    4. Sonder die nodige toestemming om te jag en die ondertekening en aanvaarding van die JAGVOORWAARDES.

    5. Voor die ondertekening van VRYWARING.

    6. Sonder die teenwoordigheid van die plaaseienaar of ‘n afgevaardige.

  2. U en u familie en gaste is ten alle tye op eie risiko op die plaas en alle geriewe word ook gebruik op eie risiko.

  3. U moet in besit wees van u toestemmingsbrief om te jag, die dokument sal slegs deur plaas eienaarof gedelegeerde persoon verskaf word alvorens jagvoorwaardes en vrywaarig onderteken is.

  4. Geen nie-jagter sal alleen op die plaas met 'n vuurwapen toegelaat word nie.

  5. Geen rommel strooiing word toegelaat nie.

  6. U moet u self vergewis van soort / spesie, geslag en grootte van die wild wat u wil skiet soos ooreengekom, "jy trek die sneller".

  7. Kalibers kleiner as ‘n .243 sal nie toegelaat word vir enige jag nie.

  8. Enige skade aan eiendom of voertuie sal vir die betrokke persoon se rekening wees en sou

die skuldige nie erken nie, sal die groep verantwoordelik wees vir die skade.

  1. Geen privaat voertuie sal gebruik word vir jag. Niemand behalwe jagters sal rond beweeg op die plaas wanneer jagters in die veld is.

  2. 1 Sak hout word voorsien. Addisionele hout vir braaidoeleindes kan gekoop word.

  3. Geen alkohol sal in die veld gebruik word nie.

  4. Spesiale reëlings moet getref word alvorens enige wildspesie wat nie aangebied word vir jag, gejag wil word.

  5. VUURWAPENS MOET INGESKIET WORD OP DIE SKIETBAAN ALVORENS GEJAG MAG WORD.

  6. Alle vuurwapens moet ontlaai wees op die voertuie en in die kamp.

  7. Alle vuurwapens sal in die beskikbare kluis toegesluit word.

  8. LET WEL: Pryse soos hier onder uiteengesit sal geld vir die volgende:

    1. Skiet van wild wat nie aangebied is nie. (Dubbel eenheidprys)

    2. Kwesskoot      (Volle eenheidprys)

    3. Misskoot         (Volle eenheidprys)

    4. Wild wat aangebied is vir jag sal geweeg word. (Binnegoed uit, kop en pote af met vel aan teen kilogram prys)

    5. Deposito van 50% vir verblyf is betaalbaar met bespreking. (Deposito is nie-verhaalbaar met kansellasie minder as 21 dae van bespreekte datum)

 

Heading 1

Prys van Wild en beskikbaarheid - 2024 Seisoen

Image by Henrik Hansen

waterbok

njala.jpeg

Njala

Two Giraffes

Kameelperd

Zebra

zebra

Image by Magdalena Kula Manchee

rooibokke

Image by Ken Goulding

Blou wildebeest

Image by Ingrid Behrens

koedoe

bottom of page